Watter bedryfstelsels is geskik vir Doulos ?
Slegs Windows kan gebruik word met al drie weergawes van Doulos. Die redes is as volg:
- Tydens die beplanning van Doulos is daar uitgegaan vanaf die standpunt dat die bedryfstelsel wat gebruik moet word die meeste toegang moet bied tot ander programmatuur wat beskikbaar is om sodoende Doulos so professioneel en gebruikersvriendelik as moontlik te maak.
- Doulos is met Delphi geskryf. Daar is baie modules op die mark beskikbaar wat met Delphi gebruik kan word. Daar is dan ook verskeie sulke modules aangekoop wat met Doulos geïntegreer is. Voorbeelde hiervan is byvoorbeeld Fastreport. Die meeste van hierdie modules werk slegs in 'n Windows omgewing. Delphi self is ook nie aanpasbaar met Linux nie, en die programme wat met Delphi ontwikkel word ook nie.
- Doulos (al 3 opsies, selfs opsie 3 vir die sentrale databasis) maak intensief van Microsoft Access databasisse gebruik. Microsoft Access databasisse kan slegs in 'n Windows omgewing gebruik word. Die vraag kan gevra word waarom nou juis MS Access databasisse ?. Wel, dit is die program wat die meeste wêreldwyd gebruik word om databasisse op 'n plaaslike rekenaar mee te hanteer. Dit bied aan die gebruiker fantastiese moontlikhede om buite om Doulos op 'n maklike wyse self met die data te kan werk en rondspeel. Dit is nie nodig om 'n hoogs opgeleide IT spesialis te wees om dit te kan doen nie, maar 'n basiese kennis van databasisse is tog nodig. Volgens ons mening is daar is net eenvoudig nie iets soortgelyks wat saam met Linux werk nie.
- 'n Linux omgewing sou baie van die modules wat die skryf van so 'n stelsel bespoedig onbruikbaar maak, en dus sou Doulos waarskynlik langer geneem het om te skryf.
- Met al die voordele wat 'n Windows omgewing bied, was besluit om Doulos in 'n Windows omgewing te skryf. Die ekstra kostes aan die Windows omgewing was na ons mening nie sodanig om teen die voordele op te weeg nie.