Doulos Professioneel
Wanneer die gratis ligte weergawe van Doulos geaktiveer word, word hy die professionele weergawe. Al die opsies wat in die gratis ligte weergawe gesluit was word ontsluit.
Doulos Professioneel kan gratis vir 3 maande geevalueer word. Om dit te doen: Laai Doulos van die internet af en vra 'n aktiveringskode.
Hoe om die aktiveringskode aan te vra:
Stuur die kode wat by die openingsskerm van Doulos vertoon word na doulos@slaaf.co.za, en die aktiveringskode sal dan aan u gestuur word.
Wanneer 'n gemeente Doulos aankoop, word 'n aktiveringskode gestuur wat Doulos permanent aktiveer. Die program bly presies dieselfde, en dus bly die data heeltemal behoue wanneer Doulos aangekoop word. U kan dus reeds met die gratis ligte weergawe (asook met die gratis 3 maande evaluasie) begin om u gemeentedata in orde te kry, en wanneer u dan oorskakel na die professionele weergawe, gaan u bloot voort met die data soos dit reeds ingevoer is.
Data kan van ander standaard programme ingelees word. Lees hier meer