Verslae in fastreport opgestel

Daar word van tyd tot tyd versoeke vanaf gemeentes ontvang om spesifieke verslae te kan uitdruk. Doulos maak dit vir die gebruiker moontlik om self d.m.v. Fastreport bykans enige verslag te kan opstel. Die moontlikhede word slegs beperk deur die rekenaarvaardigheid van die gebruiker. Alhoewel eenvoudige verslae maklik met Fastreport opgestel kan word, raak die leerkurwe van Fastreport redelik steil wanneer komplekse verslae opgestel moet word.

Hieronder is 'n paar van die verslae wat opgestel is op versoek van gemeentes. Die voorbeelde kan net so gebruik word, of dit kan verder deur gebruikers self volgens behoefte uitgebrei en verander word. (Klik op die skakel om af te laai.)

Om in Doulos te kan gebruik gaan as volg te werk:

1. Laai die verslag af.

2. Ontrek die .fr3 verslag uit die saamgepersde .zip.

3. Plaas die .fr3 verslag in Doulos se dokumente folder onder die subfolder 'fastreport'. Doulos sal dan die verslag deel van die spyskaart onder 'fastreport' maak sodra Doulos weer begin word. Indien dit nie so werk nie, is die .fr3 verslag in die verkeerde folder geplaas.

4. Die verslag kan nou in Doulos gebruik word, en verder geredigeer word indien Doulos Professioneel gebruik word.

 

Gesinne volgens wyke.zip

16 April 2010

Die verslag wat saam met Doulos (voor Doulos weergawe 1.29) versprei is is effens gewysig. Die wykleiers druk nou ook bo-aan die verslag. Vervang die bestaande verslag met die een indien u dit aflaai.

Adresboekie.zip

'n Verslag wat 'n adresboekie druk wat aan die begin van die jaar in die gemeente versprei kan word.

 

Besoekpunte volgens blokke.zip

Belangrik: Die wyke moet in blokke ingedeel wees, anders sal die verslag nie werk nie.

 

Wyklyste met gesinsfotos.zip

Hierdie verslag wys die gegewens van elke gesin, met die foto van die gesin (indien op rekenaar). Die lidmaatfoto sal nie getoon word nie.

 

Bydraes teenoor beloftes (opgesom).zip

(Hersien op 24 Februarie 2010 om te werk met Doulos weergawes 1.24 en later)

Hierdie is 'n redelike komplekse verslag wat gebruik maak van programkode. Hierdie verslag wys die bydraes teenoor beloftes, en stel dit grafies voor. Bydraes word outomaties bereken vir die afgelope 12 maande vanaf die huidige datum.

 

Bydraes teenoor beloftes.zip

(Hersien op 24 Februarie 2010 om te werk met Doulos weergawes 1.24 en later)

Soos by vorige verslag.

 

Lys van gesinne.zip

'n Lys van lidmate gesorteer volgens gesinsnommers. Alhoewel die lys alfabeties behoort te wees, mag dit gebeur dat die gesinsnommer nie alfabeties is nie, byvoorbeeld waar 2 gesinne saamgevoeg word waar 'n 2de huwelik plaasvind.