Doulos

Rekenaarprogram vir Kerklike administrasie

Nuus

Doulos vir 'n sentrale databasis is pas afgehandel. Tans word die weergawe nog beskou as 'n Beta, maar al die interne werkinge daarvan is gebou op die reeds werkende Doulos professionele weergawe. Daar moes egter hier en daar aan die bestaande funksies verander word om aan te pas by die sentrale databasis.

Gemeentes wat in hierdie opsie belangstel moet ons kontak by doulos@slaaf.co.za

Doulos - Gratis ligte weergawe

Algemene inligting

Die gratis ligte weergawe en die professionele weergawe van Doulos is een en dieselfde program. Die enigste verskil is dat 'n klompie van die opsies van Doulos in die gratis ligte weergawe onaktief is, en dit kan nie gebruik word nie. Hierdie onaktiewe funksies is egter nie noodsaaklik om 'n gemeente se administrasie volledig te kan doen nie. Die opsies wat wel beskikbaar is is heeltemal voldoende.

Wat moet ek doen om die gratis ligte weergawe te kan gebruik ?

Laai Doulos van die internet af, installeer dit op die rekenaar en gebruik dit. Dit is al. Installasie is vinnig en maklik, en daar is geen addisionele programme nodig nie.

Wat is nodig om Doulos te kan gebruik ?

'n Rekenaar met Windows XP, Vista of Windows 7. Windows 7 (32 of 64 bis) is verkieslik. Baie ou rekenaars met Windows XP mag sukkel. Indien 'n baie ou weergawe van XP (sonder opgraderings) gebruik word, mag dit wees dat Doulos glad nie sal werk nie.

U word baie sterk aangeraai om 'n nuwe plat skerm 1600x900 te gebruik. LCD of LED is reg. Sorg dat 'n grafiese kaart wat die resolusie kan hanteer gebruik word.

Alhoewel die ouer buisskerms ook sal werk, is hulle kwaliteit nie naastenby so goed soos die meer moderne plat skerms nie.

Doulos pas self sy skerms aan by die grafiese eienskappe van die skerm.

Data kan van ander standaard programme ingelees word. Lees hier meer