Doulos

Rekenaarprogram vir Kerklike administrasie

Nuus

7 Maart 2012

Doulos 1.65 is vrygestel

Laai dit af en installeer dit bloot bo-oor die vorige weergawe. Alhoewel die data behoue bly, word u versoek om vir veiligheid te sorg dat u 'n rugsteun van u data het voordat u Doulos 1.65 installeer.

 

Winkerk

Data vanaf Winkerk kan direk met Doulos ingelees word. Die Winkerk data word egter nie verander of uitgevee nie, en dus kan normaal met Winkerk voortgegaan word nadat Doulos Winkerk se data ingelees is. Doulos lees bloot Winkerk se data, en stoor die Winkerk data in Doulos se databasisse.

 

Finkerk

Doulos lees die bydraes van die lidmate vanaf Finkerk in en koppel dit aan die lidmate in die lidmaatregister. Ander joernaalinskrywings word nie oorgedra nie. Lees meer in Doulos se help.

 

Superskriba

Dit is nodig om die Borland database engine te installeer om SuperSkriba se data te lees. Net soos met Winkerk lees Doulos slegs die data en verander glad nie aan SuperSkriba se data nie. Daar kan dus normaalweg met SuperSkriba voortgegaan word nadat Doulos die data ingelees het. Lees meer in Doulos se help.