Doulos bied 'n reeks programme waarmee gemeentes kerklike adminstrasie op 'n rekenaar kan doen.
Daar is basies 3 opsies wat Doulos bied, wat strek vanaf 'n ligte gratis weergawe tot 'n baie uitgebreide stelsel wat van 'n sentrale databasis gebruik maak wat d.m.v. die internet bygewerk word.
Opsie 1 - Die gratis ligte weergawe
Geskryf vir gemeentes wat nie die fondse of behoefte het om 'n gesofistikeerde program aan te koop nie.
Hierdie opsie bied alles wat nodig is om 'n gemeente se administrasie volledig te hanteer. Superskriba en Winkerk se data kan ingelees word.
Dit sluit o.a. in: Volledige lidmaatregister, uitstuur en ontvang van attestate en sertifikate, argief.
Opsie 2 - Die Professionele weergawe
Geskryf vir gemeentes wat 'n gesofistikeerde program wil gebruik, maar wat nie die behoefte het om die uitgebreide addisionele opsies wat die sentrale databasis bied te gebruik nie.
Dieselfde opsies soos in opsie 1 hierbo, met 'n aantal addisionele opsies wat beskikbaar gestel word. Die addisionele opsies sluit o.a. in: 'n Volledige finansiƫle gedeelte, wat die bydraeregister en grootboek insluit, 'n geskiedenisregister waarmee o.a. huisbesoeke bygewerk kan word, 'n makro gemeente indeler, en nog baie meer. Superskriba en Winkerk se data kan ingelees word.
Opsie 3 - Doulos - Sentrale databasis
Geskryf vir gemeentes wat die opsies wat moderne tegnologie vandag bied maksimaal aan te wend om gemeenteadministrasie te behartig. Dit sluit o.a. in die gebruik van slimfone deur predikante en ander gemeenteleiers om toegang tot die data te kry, webapplikasies waarmee lidmate self hul bydraes en ander inligting kan kontroleer, gemeenteleiers wat hul kontak met lidmate d.m.v. die internet na Doulos se geskiedenisregister kan bywerk ens.
Met hierdie opsie word gemeentedata in 'n sentrale databasis (MS SQL server) gestoor wat oor 'n internetverbinding bygewerk word. Data wat in die kerkkantoor (of elders) bygewerk word is dadelik beskikbaar vir almal. Omdat een sentrale bediener vir al die gemeentes gebruik word, is hierdie weergawe van Doulos by uitstek geskik vir kerkverbande wat 'n sentrale register wil implimenteer en 'n sentrale databasis wil gebruik om toegang tot die lidmate se data te kry. Gemeentes wat oor IT spesialiste beskik sou dus teoreties in staat wees om hul eie webapplikasies te skryf waarmee toegang tot hul gemeente se data verkry kan word.
Windows & Linux - Watter bedryfstelsel kan gebruik word ?
Slegs Windows word ondersteun. Lees meer deur op die onderste skakel te klik