Doulos

Rekenaarprogram vir Kerklike administrasie

Nuus

Doulos vir 'n sentrale databasis is pas afgehandel. Tans word die weergawe nog beskou as 'n Beta, maar al die interne werkinge daarvan is gebou op die reeds werkende Doulos professionele weergawe. Daar moes egter hier en daar aan die bestaande funksies verander word om aan te pas by die sentrale databasis.

Gemeentes wat in hierdie opsie belangstel moet ons kontak by doulos@slaaf.co.za

Prys van opsie 1 - Die gratis ligte weergawe

Hierdie weergawe is heeltemal gratis.

Prys van opsie 2 - Die Professionele weergawe

Doulos professioneel: R2500.00.

Drie rekenaars kan in die gemeente geaktiveer word.

Elke addissionele rekenaar (bo en behalwe die aanvanklike 3) is R 400.00 ekstra.

Die prys sluit belasting in, en is eenmalig.

Kleiner gemeentes ontvang korting. Gemeentes met minder as 500 belydende lidmate kom in aanmerking vir korting. Vir elke 6 belydende lidmate minder as 500 is daar 'n 1% korting. Dus ontvang gemeentes met byvoorbeeld 380 lidmate 20% korting. (Daar is 120 lidmate minder as 500. 120/6 = 20%).

Opgraderings van Doulos kan nog vir een jaar gratis na die aankoopdatum afgelaai word. As die jaar verval, hoef gemeentes nie weer op te gradeer nie. Die oorspronklike program sal bly werk. Indien gemeentes na een jaar steeds die opsie wil behou om die nuutste weergawes af te laai, kan Doulos weer aangekoop word teen 50% van die prys. Daarna sal Doulos se opgraderings weereens vir een jaar gratis afgelaai kan word.

Prys van Opsie 3 - Sentrale databasis

Daar word maandeliks aan hierdie opsie betaal. Die rede is dat 'n bediener konstante onderhoud vereis. Persone met verskillende vaardighede is betrokke by die onderhoud van die bediener. Dit is dus 'n konstante uitgawe om die bediener te onderhou.

Die prys van Doulos op die sentrale bediener beloop basies R250.00 per maand per gemeente. Die aantal gebruikers van die stelsel in u gemeente mag in uitsonderlike gevalle die prys beïnvloed. Weereens: Gemeentes met minder as 500 belydende lidmate ontvang korting. Vir elke 10 belydende lidmate minder as 500 is daar 1% korting. Hierdie prys sluit belasting in, en verhoog jaarliks in verhouding met inflasie. Hierdie is die prys soos vasgestel gedurende 2011.

Gemeentes kan Doulos vir die sentrale databasis gratis evalueer vir 2 maande. Indien die gemeente na twee maande nie die stelsel wil gebruik nie, is daar geen kostes nie. Indien die gemeente wel die stelsel gebruik, is die eerste 2 maande se gebruik ook betaalbaar, en is die eerste 2 maande se gebruik dus nie meer gratis nie

Indien dit sou gebeur dat 'n hele kerkverband Doulos sou gebruik as 'n sentrale register, sal hierdie prys waarskynlik verlaag word, afhangend van faktore soos byvoorbeelde die aantal gemeentes in die kerkverband.

Die sentrale databasis sal moontlik die geleentheid aan 3de party programmeerders bied om toepassings te skryf wat saam met Doulos werk. Indien sulke programmeerders toepassings sou begin skryf, is die voordeel dat daar dan meer toepassings vir gemeentes sal wees waaruit die beste een vir 'n bepaalde taak gekies kan word. Sulke toepassings sal egter opsioneel wees, en gemeentes sal dit nie nodig hê om Doulos te gebruik nie. Die prys daarvoor sal ook deur die programmeerder van daardie spesifieke toepassing bepaal word. Indien 'n gemeente dus sulke toepassings sou aankoop, sal dit 'n ooreenkoms tussen daardie programmeerder en die bepaalde gemeente wees, en is nie deel van die maandelikse koste van Doulos nie.