Hier kan die gratis (opsie 1) sowel as die professionele weergawe (opsie 2) van Doulos afgelaai word. Die gratis weergawe en die professionele weergawes is dieselfde program. Die professionele weergawe is bloot 'n gratis weergawe wat geaktiveer is.
Doulos vir 'n sentrale databasis (opsie 3) word nie hier afgelaai nie. Die skakel na hierdie weergawe word slegs aan gemeentes gegee wat dit gebruik.
Hoe om Doulos af te laai
Stappe wat u moet volg:
- Indien u nog nie Doulos gebruik het nie, laai Doulos af en installeer dit volgens die stappe hieronder beskryf.
- Indien u reeds Doulos gebruik hoef u nie bekommerd te wees nie - die data bly behoue al installeer u 'n nuwe weergawe bo-oor die vorige een. Maak vir veiligheid egter eers 'n rugsteun van die data. Indien u lanklaas 'n weergawe afgelaai het, en 'n paar nuwer weergawes misgeloop het, moenie bekommerd wees nie. Doulos pas outomaties die databasisse korrek aan al is 'n klomp nuwer weergawes misgeloop.
- Laai Doulos af deur op die skakel hieronder te klik. Onthou dat die program wat afgelaai word 'n program is waarmee Doulos geïnstalleer word, en nadat dit afgelaai is moet dit eers ge-'run' word om Doulos te installeer.
- Gebruik die 'Save' opsie en nie die 'Run' opsie om Doulos eers op die hardeskyf te stoor. Let op waar die rekenaar Doulos (die installeringsprogram) op die hardeskyf stoor, want nadat dit afgelaai is, moet u dit 'run' om Doulos op die rekenaar te installeer.
Klik hier om Doulos weergawe 1.64b af te laai
Veranderinge in weergawe 1.64b
Databasisstrukture verander nie
- Die kleure van die verskillende wyke by Google Maps het nie reg gewerk nie. Dit is reggestel.
- Slegs een wyk kan nou in Google Maps gemerk word om sodoende 'n wyk se uitleg aan 'n wykleier te gee.
- Die kaart in Google Maps kan na 'n .bmp gestoor word om sodoende per e-pos na 'n wyksleier gestuur te word.
Veranderinge in weergawe 1.64
Databasisstrukture verander.
- Status van lidmate is uitgebrei om ongedoop, in proses en nie-lidmate in te sluit.
- Die filter by die lidmaatregister het nie reg gestoor vir latere gebruik nie. Dit is reggestel.
- Die faks nommer was nie by die redigeer(2) opsie beskikbaar nie. Dit is reggestel.
- By die redigeer(2) opsie - indien 'n afslaanlysie aktief was, en die venster was toegemaak, was daar 'n fout. Dit is reggestel.
- Google Maps is uitgebrei sodat wyke in verskillende kleure vertoon word. Wyke kan ook by Google maps geredigeer word deur regs op 'n merker te klik. Dus kan die geografiese uitleg van wyke deurlopend gemonitor word.
- Gemeentes wat verkies kan Doulos so opstel dat daar meer as twee belydende lidmate per gesin toegelaat word.
Veranderinge in weergawe 1.63b
Databasisstrukture verander nie vanaf weergawe 1.63 nie.
Slegs 2 klein regstellings:
- Die skep van 'n nuwe eienskap onder 'n afdeling het nie reg gewerk in weergawe 1.63 nie. Dit is reggstel.
- Die hulpskerm by die skep van filters het nie reg gewerk wanneer die vergelyking meer as 3 velde geselekteer was nie. Dit is reggestel.
Veranderinge in weergawe 1.63
Databasisstrukture verander nie vanaf weergawe 1.62 nie.
Die nuwe weergawe van Fastreport is deel van hierdie weergawe.
Die wyksverslag van bydraes het nie die wyke reg geselekteer nie. Dit is reggestel.